IN THE FEB/MARCH 2013 ISSUE OF BLOU
DOMINATING THE CURRIE CUP

by Wim van der Berg
SINCE their secession from the Transvaal Rugby Football Union in 1938, Northern Transvaal and later the Blue Bulls as they were called from 1998 have completely dominated the Currie Cup scene. By the end of 2012, Northern Transvaal and the Blue Bulls had won 23 titles, four of which were shared. All the titles were won in finals. Northerns and the Blue Bulls played in 32 of the 52 finals. (They also played in two competitions decided on a league basis).
After a slow start in 1939 when they had a disappointing in their first Currie Cup campaign, Northern Transvaal won their first title in the next competition in1946. It was ten years and four further unsuccessful campaigns later before Northern Transvaal beat Natal 9-8 in 1956 for their second title won in six Currie Cup campaigns. Of their 60 matches in the competition – including two finals – Northerns had by then won 45, lost 14 and drawn one for a good winning percentage of 75%.
However, it was obvious that the important matches were not won with regularity. There were also too often ‘soft’ losses against less favoured teams.
Then in 1968 Buurman van Zyl, coaching legend who between 1937-’51 played 79 matches for Eastern Province, took over as the first permanent Northern Transvaal coach
... Continued in the Feb/March 2013 75 Year Anniversary Issue of BLOU
BLOEITYDPERKE EN SWAARKRY

deur Ockert de Villiers
ENIGE span wat al met die Vodacom Bulls en Blou Bulle slaags was sal kan getuig van die geweldige respek wat hulle het vir stellig Suid-Afrika se suksesvolste unie sedert 1938.
Hierdie aansien wat die Bulle geniet het egter nie vanselfsprekend gekom nie en soos enige span het hulle deur stormagtige sowel as bloeitydperke gegaan. In die geheel egter het die huidige rugbyreus sedert 1938 van krag tot krag gegaan.
Met 23 Curriebeker-, drie Lionbeker-, drie Vodacombeker- en drie Super Rugby-titels agter hulle naam is Noord-Transvaal, die Blou Bulle en die Bulls onteenseglik een van die beste rugbyspanne ter wêreld.
Slegs agt jaar nadat die rugbyunie gestig is het die Ligbloues met die Barbertonse madeliefie op die linkerbors die Curriebeker vir die eerste keer verower. Daardie dag in 1946 teen die Westelike Provinsie op Loftus is die grondslag gelê vir nog vele roemryke oomblikke vir die span van die Jakarandastad.
Die helde in die 11-9 sege was Johnny Lourens wat die wendrie gedruk het na n lang skop van Hansie Brewis. Dit was slegs die tweede Curriebeker-kompetisie waaraan die Ligbloues deelgeneem het.
Noord-Transvaal moes daarna nog tien jaar wag voor hulle weer staanplek vir die Curriebeker in Loftus se trofeekas moes maak toe hulle in 1956 weer die beker verower het met ʼn naelskraapse 9-8 sege teen Natal in Durban.
In 1955 het Loftus Versfeld sy eerste toets aangebied. Die Springbokke het 9-6 teen die Britse Leeus verloor.
... Continued in the Feb/March 2013 75 Year Anniversary Issue of BLOU








